Jou Alma Mater ondersteun jou loopbaan. Jou sukses is 'n aanduiding van die Universiteit se uitnemendheid.
Ons kan jou gratis in verbinding bring met werkgewers wat jou kennis en vaardighede kan gebruik en vir jou deure na nuwe geleenthede oopmaak.
Die Universiteit Stellenbosch, jou kennisvennoot, is daartoe verbind om jou opvoeding, leiding, netwerkgeleenthede en loopbaandienste, te bied.
Die Alumni-kantoor handhaaf 'n streng vertroulikheidsbeleid m.b.t. die kontakbesonderhede van oudstudente. Jou CV se inhoud sal vertroulik hanteer word en slegs beskikbaar gestel word aan die maatskappy by wie jy aansoek doen.
Kliek hier om deur poste te blaai en aansoek te doen.
NOTA AAN ALUMNI
Die doel met hierdie Alumni-loopbaanportaal is om:
- Jou op een webwerf blootstelling te gee aan al die verskillende werksgeleenthede in die mark sodat jy nie nodig het om baie verskillende webwerwe, koerante en agentskappe te kontak nie;
- Die verskillende ondernemings te lys wat werksgeleenthede bied sodat jy presies weet by wie jy aansoek doen;
- Jou toe te laat om direk met ‘n werkgewer te skakel deur jou direk te koppel aan hul webwerf.
Nota: Sommige ondernemings sal vereis dat jy op hul webwerf registreer voordat jy vir poste mag aansoek doen. In so ‘n geval, skryf die naam en wagwoord wat jy in die registrasieproses gebruik neer, sodat jy by ‘n volgende geleentheid vinniger op dieselfde webwerf kan aansoek doen. Ander ondernemings sal bloot vra dat jy jou CV as word dokument aanheg en die stelsel sal dit dan self vir hulle stuur.
NOTA AAN WERKGEWERS
Om poste in die Alumni-portaal te adverteer, klik asseblief op die skakel hierbo en volg die instruksies. Hierdie Alumni-loopbaanportaal word gelees deur alumni van regoor die land in verskillende beroepe en met verskillende vlakke van ervaring. Dit is dus die ideale plek om talent vir jou onderneming te vind.