Welcome PUBLIC


  
    Agtergrond     
    Verkiesingsuitslae     

Donateurs kan nou stem vir Raadslede

Donateurs van die Universiteit Stellenbosch kan vanaf 1 Maart 2010 om 08:00 stem vir hul verteenwoordigers in die Universiteitsraad. Ses vakatures moet aan die einde van Maart 2010 in die Raad gevul word deurdat vier Raadslede deur die Konvokasie en twee Raadslede deur die donateurs aangewys moet word.

Vier donateurs kandidate is vir die twee vakatures genomineer as Raadslede en daar sal dus 'n verkiesing in daardie kategorie plaasvind.

Die vakatures het ontstaan vanweë die verstryking van die dienstermyn van 'n verteenwoordiger van die donateurs, die verteenwoordigers van die Konvokasie, asook die bedanking van Raadslede, een aangewys deur die donateurs en een aangewys deur die Konvokasie.

Die vier kandidate vir die nuwe termyn waarvan twee deur die donateurs aangewys moet word, is as volg:

A. Mnr MR (Marius) Fürst
B. Mnr DK (Desmond) Smith
C. Mnr G (George) Steyn
D. Prof PW (Pieter) van der Walt

Donateurs kan hulle stemme vir die genomineerde kandidate per gewone posstem of elektroniese stemming vanaf 1 Maart 2010 om 08:00 tot 25 Maart 2010 om 12:00 uitbring. Stemgeregtigdes op die US se databasis wat nie e-posadresse verskaf het nie, sal inligting oor die kandidate en 'n stembrief per pos ontvang en die res sal die inligting en stemopsies per e-pos ontvang.

Navrae oor die verkiesing kan gerig word by tel: (021) 808-9181. Donateurs wat onseker is of die alumnikantoor oor hul jongste kontakbesonderhede beskik, kan per epos met die kantoor in verbinding tree by alumni@sun.ac.za of telefoonnommers: (021) 808-2709 of (021) 808-2710 of (021) 808-2711 of (021) 808-4843.

Alle buitelandse donateurs wat nie oor 'n Suid-Afrikaanse identiteitsnommer beskik nie, moet asseblief met die Alumni-kantoor skakel (tel. +27 21 808-2709 of 808-2710 of 808-2711 of e-pos alumni@sun.ac.za ) om hul US nommer te verkry en hul telefoonnommer te verifieer. Nadat die telefoonnommer geverifieer is, kan 'n stembrief per e-pos of faks aan hulle gestuur word.

Terme en Voorwaardes(.pdf)
Webregulasie (.pdf)
Alle regte voorbehou © 2007 - 2011 Stellenbosch Universiteit