Lede van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch kan vanaf 1 Maart 2010 om 08:00 stem vir hul verteenwoordigers in die Universiteitsraad. Ses vakatures moet aan die einde van Maart 2010 in die Raad gevul word deurdat vier Raadslede deur die Konvokasie en twee Raadslede deur die Donateurs aangewys moet word.
Lede van die Konvokasie word versoek om vier Raadslede te verkies uit die vyftien genomineerde kandidate. Nominasies het op 23 Februarie 2010 gesluit.
Die vakatures het ontstaan vanweë die verstryking van die dienstermyn van 'n verteenwoordiger van die Donateurs, die verteenwoordigers van die Konvokasie, asook die bedanking van Raadslede, een aangewys deur die Donateurs en een aangewys deur die Konvokasie.
Die vyftien kandidate vir die nuwe termyn waarvan vier deur die Konvokasie aangewys moet word, is as volg:
A
Mnr PE (Piet) Beyers
B
Prof WAM (Wannie) Carstens
C
Prof PF (Pierre) de Vos
D
Dr GC (George) du Toit
E
Me N (Natalia) Egelhof (neé Da Rocha)
F
Mnr S (Steven) Georgala
G
Me M (Marike) Groenewald
H
Mnr FE (Francois) Groepe
I
Dr HF (Hans) Heese
J
Adv JC (Jan) Heunis
K
Dr TR (Trunette) Joseph
L
Dr R (Rhoda) Kadalie
M
Me S (Sanette) Nowers
N
Me M (Marion) Shaer
O
Mnr JD (Jacques) van Zyl - hierdie kandidaat het onttrek van die verkiesing
Lede van die Konvokasie kan hulle stemme vir die genomineerde kandidate per gewone posstem of elektroniese stemming vanaf 1 Maart 2010 om 08:00 tot 25 Maart 2010 om 12:00 uitbring. Stemgeregtigdes op die US se databasis wat nie e-posadresse verskaf het nie, sal inligting oor die kandidate en 'n stembrief per pos ontvang en die res sal die inligting en stemopsies per e-pos ontvang.
Navrae oor die verkiesing kan gerig word by tel: (021) 808-9181. Konvokasielede wat onseker is of die alumnikantoor oor hul jongste kontakbesonderhede beskik, kan per e-pos met die kantoor in verbinding tree by alumni@sun.ac.za of telefoonnommers: (021) 808-2709 of (021) 808-2710 of (021) 808-2711 of (021) 808-4843.
Alle buitelandse Konvokasielede wat nie oor 'n Suid-Afrikaanse identiteitsnommer beskik nie, moet asseblief met die Alumni-kantoor skakel (tel. +27 21 808-2709 of 808-2710 of 808-2711 of e-pos alumni@sun.ac.za ) om hul US nommer te verkry en hul telefoonnommer te verifieer. Nadat die telefoonnommer geverifieer is, kan 'n stembrief per e-pos of faks aan hulle gestuur word.